Nongqai banner books
Nongqai Luthuli autobiography cover

HOOFMAN ALBERT LUTHULI, ANC-PRESIDENT EN NOBEL VREDESPRYS-WENNER

CHRISTEN, ANTI-KOMMUNIS, ANTI-GEWELD, BILLIK TEENOOR DIE POLISIE EN OP SY BEURT DEUR HULLE WAARDEER

deur BRIG HENNIE HEYMANS (SAP – afgetree)

ABSTRACT: The life and times of Chief AJM Luthuli, his devotion to Christianity, aversion to violence and communism, plus his view of the SA Police and how he was perceived by former members of the SA Police Security Branch.

KEYWORDS: Biko SB; Cato Manor; Coetzee Johann (Commissioner of Police); Kennedy Robert; Kennedy JF; “Let My People Go” (book); Luthuli AJM; Mxenge Mlungisi Griffiths; NUSAS; re-opening of inquests; Steenkamp Frans FMA (CO SAP-SB); Swanepoel PC (NIS); MK; Mandela Nelson.

Inleiding

Ek is ‘n gebore Durbaniet en stel van kleins af baie in ons nasionale veiligheidsgeskiedenis belang. Om in my doel te slaag was ek van kleins af ‘n ywerige koerantleser en biblioteek gebruiker. Ek is na my opleiding in die SA  Polisiekollege weer terug na Durban gestuur. Ek was in die gewone polisie toe ek my BA-graad aan die Universiteit van Natal (Durban) verwerf het. Op universiteit het ek talle bekende persone ontmoet, of van hulle gehoor of hulle in lewende lywe gesien soos bv Ric Turner, Steve Biko en Griffiths Mxenge – aldrie het vroeg gesterf.

Na die verwerwing van my graad is ek na die veiligheidspolisie Port Natal in Durban verplaas waar ek onder die bevel van toe luit-kol FMA (Frans) Steenkamp gewerk het. Hy was ‘n skrander persoon en een van die min wat die ware aard van die stryd wat destyds gevoer is, grondig verstaan het – daarom dat hy byvoorbeeld sensitief was vir die negatiewe gevolge vir ons saak, sou daar van polisie-kant ongeoorloofde optrede teenoor die publiek en aangehoudenes wees. Hy was ‘n bekende speurder met ‘n reputasie vir eerlikheid, billikheid en opregtheid. Hy kon ook vlot isiZulu en Engels praat, soos vele gebore Natallers van daardie generasie.

Die volgende het my weer aan hoofman Albert Luthuli laat dink:

  • Ek het Sondag ‘n boek deur Albert Luthuli gekoop by die plaaslike tweedehandse boekstalletjie in Queenswood. Ek het voorheen die boek besit maar weggemaak. Ek wou weer die boek op snel-lees deurgaan om sekere feite na te gaan.
  • Daar is tans so baie misdaad in die RSA waarby so baie on-eerbare politici betrokke is. Hoofman Luthuli, daarenteen, was ’n belydende Christen en Nobel-pryswenner. (Die destydse regering het sy hoofman titel weggeneem gehad, maar almal het hom bly “Chief” noem.)
  • In my agterkop is ek bewus dat die geregtelike doodsondersoek van hoofman Luthuli weer onder die loep geneem gaan word. Hier is deel van die tersake persverklaring:

 Re-Opening of Inquests into the deaths of Chief Albert Luthuli, Mlungisi Griffiths Mxenge and Mr Booi Mantyi

13 May 2024

The Minister of Justice and Correctional Services, Mr Ronald Lamola, MP (Member of Parliament), has accepted and acted on recommendations from the National Prosecuting Authority (NPA) to re-open inquests into the deaths of Chief Albert Luthuli, Mr. Mlungisi Griffiths Mxenge and Mr. Booi Mantyi.

Chief Albert John Mvumbi Luthuli:

Chief Albert Luthuli, a renowned anti-apartheid activist and Nobel Peace Prize laureate, tragically passed away on 21 July 1967. The official reports state that he was hit by a train near Gledthrow station. His untimely death led to various speculations and inquiries, but the exact circumstances surrounding the incident remain unclear to this day.

21 September 1967, an inquest was held by the apartheid regime at the Magistrates’ Court in Stanger, in the district of lower Tugela. This inquest found that the cause of death was due to a fractured skull and cerebral (sic). According to the court at the time the “evidence did not disclose any criminal culpability on the part of South African Railways and anyone else.”

As a result of representations made to the National Director of Public Prosecutions which brought to the fore that in 1967, the inquest did not consider certain mathematical and scientific principles. This mathematical and scientific report reveal that it is highly unlikely that Chief Luthuli was struck by a train and died because of that.

Considering this information amongst others and the investigation done by the Truth and Reconciliation Unit of the Directorate of Priority Crime Investigation, Minister Lamola accepts and agrees that it is necessary and in the interest of justice to approach the Judge President of High Court of South Africa in the KwaZulu-Natal Division to re-open the inquest into the death of Chief Albert Luthuli. (https://www.justice.gov.za/m_statements/2024/20240513-Inquests-Luthuli-Mxenge-Mantyi.html)

  • Ek het tydens my uniformdae eendag as lyfwag vir senator Robert Kennedy – broer van die voormalige (en vermoorde) president van die VSA, mnr John F Kennedy, opgetree. As konstabeltjie het ek gewonder waarom die grootman van die VSA al die pad na Durban kom om met die hoofman te gesels en “ons regering” gesels nie met hom nie.
  • Nusas het ’n groot rol gespeel om Robert Kennedy na Suid-Afrika te nooi. Nusas (en sy Wages Commission) was ‘n belangrike “agent van verandering” in Suid-Afrika. Vir ons tyd in die polisie was Nusas as radikaal en rewolusionêr beskou. Vandag kry hulle geen erkenning vir hulle rol in die rewolusionêre oorlog nie.
  • Ek is bewus daarvan dat lt-kol Frans Steenkamp (later generaal-majoor, BO van die SAP-Veiligheidstak) en Oom PC “Pieter” Swanepoel (Later hoof: Navorsing by NI) dikwels vriendskaplik met die hoofman op sy eie werf gaan gesels het. Kol Steenkamp se benadering was dat hy eerstehands van die ANC-president wou weet hoe dié dink en landsake sien (sodat hy as veiligheidsman die ANC-president se politieke dryfvere en modus operandi kon verstaan). Ek glo dat dit danksy die insigryke evaluasie en aanbevelings van die Durban Veiligheidspolisie was dat die destydse regering wel aan die hoofman reisgeriewe (paspoort) voorsien het ten einde sy Nobel-vredesprys te kan gaan ontvang. Ek weet ook dat Luthuli teenoor kol. Steenkamp gekla het dat sy grootste kopseer binne die ANC, die “Johannesburgse kommuniste” was… Die Port Natal Veiligheidstak se  gebalanseerde evaluasie van Luthuli het ek ook uit die mond van Oom Pieter gehoor, met wie ek dikwels oor ons nasionale veiligheidsgeskiedenis gesels het. Oom Pieter en die latere SAP-kommissaris, genl Johan Coetzee, was saam ondersoekers van die 1956-hoogverraadsaak in Johannesburg. Ek het Oom Pieter uitgevra oor Luthuli en hy het my meegedeel dat die hoofman ’n “goeie man” was, onder wie hy homself bereid sou sien om te kon dien…
  • Ook weet ek dat die hoofman (en die meeste senior Natalse ANC-leiers destyds, sowel as die leidende Natalse kommuniste), baie gekant was teen die loods van ‘n gewapende stryd en die stigting daarvoor van UMkhonto we Sizwe (MK), wat op 16 Desember 1961 sy beslag gekry het. Die hoofman het ’n woordewisseling met mnr Nelson R Mandela gehad oor die stigting van MK. Die hoofman as Christen was gekant teen die Sowjet-gesteunde MK. (Hy het immers die Nobel-prys vir vrede ontvang). Saam met die Natalse SAKP-leier Rowley Arenstein het hulle daarbenewens ook die moontlikheid dat ‘n gewapende stryd teen die wit regering ooit suksesvol sou kon wees, ernstig bevraagteken.
  • Verder kan ek onthou dat die hoofman, op ’n brug, deur ’n trein raak gery is en tydens die ongeluk oorlede is. As redakteur van die Nongqai (vir amper 15-jaar) kan ek onthou dat lede van die voormalige spoorwegpolisie wat die saak ondersoek het van hul herinneringe met ons lesers gedeel het. Ek is vas oortuig dat sy dood ’n ongeluk was.
  • Wat ek nog wil noem is dat hoofman Luthuli billik was in sy openbare opmerkings oor die SA Polisie. As voorbeeld haal ek hom onder meer aan: “On the whole, as South African police go, the Durban and Natal men were not over-aggressive. … But these, I emphasise, were not yet the days when South Africa bristled from end to end with heavily armed police and troops” (p 107).
  • Na die wrede moord op nege polisiemanne wat tydens ‘n roetine sjebeen-klopjag te Cato Manor op 23 Januarie 1960 oorrompel is, het Luthuli die moordenaars as misdadigers uitgemaak. Die plaaslike Engelstalige pers het destyds soos volg berig: Tribute has been paid to the police from many quarters for their handling of the riots and disturbances in Durban and other centres in Natal. Ex-Chief Luthuli, in a statement published on 23 August, expressed his heartfelt gratitude to the police for the patience and restraint they had shown.

Die hoofrede waarom ek die ou boekie gekoop het was onder meer vir die volgende aanhaling: “He is a Christian whose religion has had a profound effect on his activities: he once said, “I am in Congress precisely because I am a Christian”.  Sy aanhang van Christelike broederskap was die hoof-motivering hoekom hy dit nie eens was met kommunistiese infiltrasie van die ANC nie, ook nie wou hê dat Umkhonto we Sizwe (MK) met sy gewapende stryd deel moes wees van die ANC nie (hy het aangedring daarop dat MK ‘n los-staande entiteit moes wees) en ook gekant was teen die radikale pan-Afrikaniste wat die ANC as uitsluitlik vir Swart Afrikane wou sien (en wat toe in die 1950’s weggebreek het van Luthuli se veelrassige ANC om die PAC te vorm). Ongelukkig is hoofman Luthuli in sy latere jare deur die radikales binne sy eie beweging ge-isoleer en ignoreer, sodat hy teen sy afsterwe net in naam nog president van die ANC was…

Bibliografie

Luthuli. Albert: Let My People Go. Fontana Books ISBN 0 00 620857 6